
‘n Verlangversie
ek verlang na jou
soos vinknessies aan riete klou
soos ‘n bergpiek op ‘n sonstraal wag
en die blou lug na ‘n arend smag
ek verlang na jou
soos dorre grond van reënval hou
soos die maan hom tot die nag bekeer
en die môre-uur die dag begeer
ek verlang na jou
soos ‘n herfsdag na die son se lou
soos die heuningby na ‘n lenteblom
so wens ek dat jy terug sal kom
soos Kalahari-gras na die oggenddou
só hunker ek vandag na jou
C. Shaw
17 Junie 2015
10 Kommentare
-
-
Koekekranka
Baie mooi.
-
Palet
Baie mooi verlange
-
Kiekies
Demmit Viooltjie, gee jy aan hierdie hunkering in my, die puikste beskrywings en vergelykings! Dis hoe verlang in woorde klink...presies net SO!
-
Loretta Szikra
Ai Carma, dat jy so met woorde kan toor... en die verlange so "mooi" beskryf. Goed gepen.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Ai Carma dit is pragtig