vernoem
vernoem
vernaam
verwaan(d)
op my lippe lê daar woorde
woorde vir mense wat vernaam voel
eiewaarde groei tot barstens toe loop oor
loop oor soos stroop oor ‘n brekvisbroodjie
sannie was vernoem na haar grootjie
sy word suksesvol en ook vernaam
nou is sannie nie meer sannie
nou is sy verwaande sanna
sanna van grootvlei
wat niks weet
en ook nie
meer kan
vlei
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.