
luilekker dae
dou voordag kuier tortelduif
roep hy sy maatjie op ons dak
draai ek om en slaap verder
geluk ruis deur die vroeë klanke
laat oggend wek kransduif my
sy gegons en brom ‘n nuwe lied
staan ek lui op en trek aan
te laat vir kerk te vroeg vir kos
vroeg middag gesels ons saam
dit is so ‘n mooi sonnige dag
dit sal lekker wees op strand
motivering kort nie by brakke
laat middag raak honger erg
kosmaak anders is dit te laat
dit was lekker op die strand
brakke nou rustig en gedwee
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.