Die hartklop van God
Die hartklop van God
In totale harmonie
leef plant en dier
in ritme
met die hartklop van God
waar mens gering voel
in die stilte van Sy alomteenwoordigheid
en tot jou asemhaling
‘n versteuring is
dit is hier
in die nabyheid van Sy hartklop
waar Sy ontsagwekende handdruk
‘n blywende indruk skep
©PcV
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.