Jongste aktiwiteit:

KANKER

Ek sien my hande maer
van te min eet…
Ek swem in my klere
van die kanker wat my eet.

Ek skrik vir die vrou in die spieël
haar oë is moeg,
haar wange plat
haar blink van haar oë, dof

Stadig maar seker
hou dit aan.
Bestralings en chemo’s
verlig soms die seer.

Vat my hand en hou hom vas
ek sal nie praat van jou rooi gehuilde oë,
ons sal positief bly oor die jare wat oor is.
ons sal sterk in geloof bly staan,

Al slaan dit hierdie keer baie hard
sal ek sing van Genade en Sy Goedheid
Met my hoop gevestig in ‘n lewe sonder pyn
volhard ek daagliks met al wat ek het…




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed