Jongste aktiwiteit:

Onder ‘n Onsterflike Maan

Lig glinster vanaf stukkende glas wat oor die veld gestrooi is. In die verte gil kiewiete vir vreemdelinge in hul gebied.

Dit is die perfekte plek vir ‘n romantiese piekniek.

Joan gaan sit op die blokkieskombers en sug gelukkig. Sy kan nie wag vir Mark om op te daag nie. In ‘n lang lyn van toe-oë-afsprake is hy die enigste een wat ingestem het vir ‘n maanlig piekniek.

Hopelik is haar lang soektog verby. Hopelik is Mark die één.

‘Dis ‘n bietjie koel, is dit nie?’

Joan glimlag toe Mark gaan sit.

‘Ek is bly jy het dit gemaak.’

‘Ek het amper nie. Tussen die kiewiete wat van bo aanval, die droë gras wat aan my skoenrieme haak, die glas wat alles glad maak… dinge kon baie lelik geraak het.’

‘Jy is nou hier. Dis al wat saak maak.’

‘Ja. Vertel my weer hoekom ons nie hierdie piekniek êrens tradisioneel kon hê nie? Soos die botaniese tuine, byvoorbeeld.’

‘Dis so alledaags. Nee. Hier het ons die musiek van die nag…’ sy glimlag dromerig.

‘Jy weet, Joan, ek het jou lief, maar –’

Sy ruk haar kop op. ‘Wat?’

‘Ek hou van hoe jy daarvan hou om te maak asof ons nie mekaar al vir die laaste millennium ken nie. Dit hou dinge interessant. Maar tussen die droogte, mense wat al hoe meer bewus word van ons en daardie vreemde reuk in die lug, kan ek net nie vanaand saamspeel nie.’

‘Nee! Jy het belowe! Ag, alles is op in vlamme…’

‘As ek ‘n vuurhoutjie gehad het, het ek jou vlamme gewys,’ prewel Mark terwyl Joan huil.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed