Praat ons van Páásfees?
Is énigiets nog relevant in die tyd waarin ons leef? Elkeen volg die pad soos dit vir hom/haarself reg voel. Meestal. Weet nie of dit uiteindelik reg of verkeerd is nie, maar die blote feit dat ons nie meer so gebonde is aan voorgeskrewe reëls wat deur wie-weet-wie uitgedink is nie, is alreeds ’n stap […]
kopstukke en steildraaie
mense praat oor mense die een is sus en daardie so jy is een van ons en hy is nie saamstaan verlore in propaganda mense praat oor mense jy is verlore as jy nog kerk jou siening van die Woord verkeerd saamstaan in geloof ‘n fabel geword mense praat oor mense wie is dan nou […]
By Botrivier lê ‘n spikkelveer
O Botrivier ek sien jou soms so lê in die wind se waai met jou meeue wat in swerms oor jou strandmeer swenk en swaai. Die mis rol uit die suide in om oor valleie te kom hang en in dynserige beelde word jou skoonheid vasgevang. Langs jou donker oewerwaters lê die skuite stil gestrand […]
In die tuin
In die tuin, deur Stephan Uys ʼn Vreemde geluid maak die jongman wakker wat op die geil groen gras lê en slaap. Dit is ʼn geluid wat hy nog nooit vantevore in sy lewe gehoor het nie, en hy sal weet, want hy ken elke voël en elke dier se geluid in hierdie pragtige tuin. […]
moeë lyf
bo suis die wind in vlae onder ruis geluide in krake bo storm die golwe strand toe onder skuif sand landwaarts op land kom en gaan seisoene plante verweer in droogte blomme skiet op in reën waar lê jou moeë pyne jou wankelende draai of jou verlies aan magnetisme niemand sien jou meer raak nie […]
Via Dolorosa na Liefde
Dis ’n warm oggend in die klein dorpie, Galilea. Sara is besig om wasgoed op te hand. Haar moeder, Maria, is baie sieklik. Bedags werk haar vader, Jakob, dan versorg sy haar moeder. Haar maag herinner haar dat dit middagete is en sy gaan die huis in. Haar moeder se bord is reeds reg en […]
Verslaaf aan jou
liewe droomvrou wat in my arms lê as jou fluweelsagte hare teen my wang waaier en jou volmaakte kurwes my verlei lê ek my hart in jou sagte palms wanneer jou parfuum my bedwelm gee ek myself volkome aan jou tere liefkosings op jou kersierooi mond drink ek dorstig van jou liefde jou smaak in […]
Papierpos
Papierpos, deur Stephan Uys Ag ek verlang soms so na die dae van regte pos wat jy persoonlik by die huis afgelewer gekry het, of by posbusse in die dorp moes gaan afhaal het. Ek wil nou nie al die pad in die verlede teruggaan na die dae van my oupa se oupa nie. Toe […]
‘n Hoe Pyndrumpel
ʼn Hoë pyndrumpel Ek lees nou onlangs ʼn rubriek oor die pyne wat mense beleef, en wat hulle als doen om dit te bekamp. In my familie moet jy tog net nie waag om te kla oor jou groottoon se liddoring nie, want spoedig sal elke gebore en aangetroude Uys vir jou op hul erger […]
Pasop wat jy oopmaak
Pasop wat jy oopmaak! deur Stephan Uys So ʼn paar aande gelede lê ek en rondrol in my bed. My oudste kry die volgende dag sy Matriek uitslae en slaap het net so spoorloos verdwyn soos my salaris elke maand doen. Die vrees dat ek dalk nog ʼn jaar gaan skoolfonds moet betaal vir die […]