Jongste aktiwiteit:

Verslaaf aan jou

liewe droomvrou wat in my arms lê
as jou fluweelsagte hare teen my wang waaier
en jou volmaakte kurwes my verlei
lê ek my hart in jou sagte palms
wanneer jou parfuum my bedwelm
gee ek myself volkome aan jou

tere liefkosings op jou kersierooi mond
drink ek dorstig van jou liefde
jou smaak in my siel verseël
met jou fyn voetjies
het jy my hartsdrumpel deurgetrap
en jouself kom tuismaak in my drome

wat meer kan ‘n man voor vra
as ware geluk
verlief en verlore, verslaaf aan jou
ek’s gebore om jou lief te hê

©Jessica Venter
3/4/2018




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed