
rotse
groot rotse klim uit die see
droë wit geverfde bokante
swart nat geweekte boeg
gemerk met eeue se gwano
rotse versper soms uitsig
jonk en sterk klim jy oor
wanneer jig en ouderdom
jou hinder skuifel jy daarom
rotse se uitsig is pragtig
staan jy bo dan sien jy ver
ry op die golwe van jeug
wat jou oor al die rotse dra
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.