Lofgesang
Lofgesang
Die tromstilte trilling na
die donderslag wat
bliksemdreun bo-oor
vioolsang van elke
druppelklank as windfluit
deur blaarakkoorde bries
reëndruppels ritmies soos
note op ruite slaan
dan stroomaf wals om in
stormsimfonie die
skeppingsmusiek van
lewe in water se klingelsang
later in groenblaargroei soos
rosereuk elke sintuig vas
te vang in lewesvolheid
met donderstorm lofgesang
© Grootvissie
Januarie 2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.