rotse
groot rotse klim uit die see droë wit geverfde bokante swart nat geweekte boeg gemerk met eeue se gwano rotse versper soms uitsig jonk en sterk klim jy oor wanneer jig en ouderdom jou hinder skuifel jy daarom rotse se uitsig is pragtig staan jy bo dan sien jy ver ry op die golwe van […]
Net regs van Orion
Net regs van Orion, deur Stephan Uys “Eet jou ertjies, Boeta. Jou kop is alweer by die sterre”, hoor ek Pa se stem deur my gedagtes beur. “Nee Pa, ek is net besig om klaar te kou”, verweer ek myself halfhartig. “Het jou ma die ertjies in die vorm van Orion uitgeskep?” vra my pa […]
So saag mens
So saag mens, deur Stephan Uys Ek, Liefie en ons drie spruite kuier so ‘n paar jaar gelede by vriende van ons. Ons het mekaar by die skool én by die kerk leer ken, so ons is sommer dubbel vriendelik met mekaar. Ons sit so en broodpoeding eet toe Jan (name is verander ter wille […]
Die Automatic
Die ‘Automatic’, deur Stephan Uys Hier op die plaas buite Nigel is daar altyd te veel om te doen en nie genoeg hande om die werk gedoen te kry voor die son sak nie. Pa boer met bees en gesaaides, en die enigste kans vir stilsit is as die Bokke se wedstryd oor die draadloos […]
Lofgesang
Lofgesang Die tromstilte trilling na die donderslag wat bliksemdreun bo-oor vioolsang van elke druppelklank as windfluit deur blaarakkoorde bries reëndruppels ritmies soos note op ruite slaan dan stroomaf wals om in stormsimfonie die skeppingsmusiek van lewe in water se klingelsang later in groenblaargroei soos rosereuk elke sintuig vas te vang in lewesvolheid met donderstorm lofgesang […]
Worstelinge van die mens!
In die soeke na vrede koggel krap die ou verlede en flits die roue herinneringe in ñ verlate agter straat en treiter jou demone laat nag in jou versteurde slaap die verlange wat verlatend deurglip wanneer niemand na jou kyk of ñ traan wat oor jou wang drup of wanneer ñ verlore stêr skiet en […]
Winterbloei
diep onder sneeukomberse vloei die sagte kabbeling van ‘n stroom deur yskristalle skitterwit omsoom vasgevang in winter se bloei as son se asem stilweg oor koue skroei tokkel sneeuklokkies ‘n snarespel ingenoom met laataand skemering se goue droom ‘n bewys dat daar selfs in dooie winters lewe groei selfs al lyk my lewe dood en […]
Leef jou storie
in skaduwee van jou verhaal lê geheime opgesluit uit skaamte steek jy dit weg jou storie is iemand anders se sleutel tot deurbraak vertel van Vader se wonderwerke in jou lewe dit waarvoor jy wegskram is wat ander moet hoor sodat hulle genesing genadeliefde kan ervaar vertel jou storie jou heelword verhaal elke opstaan na […]
Hartsvriende
as die wêreld my wil platvee sal jy altyd my trane verstaan met jou aan my sy verander die lewe se bitter in suikersoet omgee ware vriende is ‘n seën koor: vriendskap se hartswense is liefde sonder grense my bestie sal jy altyd bly hartsvriende, ewig, ek en jy as ek struikel oor my foute […]