Winterbloei
diep onder sneeukomberse vloei
die sagte kabbeling van ‘n stroom
deur yskristalle skitterwit omsoom
vasgevang in winter se bloei
as son se asem stilweg oor koue skroei
tokkel sneeuklokkies ‘n snarespel ingenoom
met laataand skemering se goue droom
‘n bewys dat daar selfs in dooie winters lewe groei
selfs al lyk my lewe dood en koud
moet ek myself soms versoen
betreur my gemoed vol seer
is dit my enigste behoud
dis in die winterseisoen
waar ek die meeste kan leer
©Jessica Venter
10/4/2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.