
Worstelinge van die mens!
In die soeke na vrede
koggel krap die ou verlede
en flits die roue herinneringe
in ñ verlate agter straat
en treiter jou demone
laat nag in jou versteurde slaap
die verlange wat verlatend deurglip
wanneer niemand na jou kyk
of ñ traan wat oor jou wang drup
of wanneer ñ verlore stêr skiet
en jy moed opgegee het
want is drome dan nou verniet?
die soeke duur en jou heiland bly ver
want jy bly jouself stenig
oor vergete waters onder daardie brug
en sonder dat jy weet
is dit die eie ek waarna jy wegvlug
en die leemtes duur voort
en tussen tye van blydskap en seer
tel jy net jou tekortkominge
en nie jou seëninge
want niks sal ooit perfek wees
maar tog bly jy daarna streef
in pleks daarvan om net te laat gaan van die vrees
en saans wanneer die stemme in jou kop
vir jou stories vertel
en jy jouself toeskryf aan jou gedagtes
en jou gebede weereens gevang word deur slaap
moet jy nie vra vrae oor hoekom ek
of wanneer gaan my soektog eindig
gaan eerder op jou knieë
en prys jou Vader vir Sy grootheid
en voor die slaap jou weereens kom haal
tel ieder en elke seëning
en dank die Heer vir Sy hand in jou lewe
want dis hoe jy gaan soek na vrede!
Chantelle.Holder
© 2011
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.