Leef jou storie
in skaduwee van jou verhaal
lê geheime opgesluit
uit skaamte
steek jy dit weg
jou storie
is iemand anders
se sleutel tot deurbraak
vertel van Vader
se wonderwerke in jou lewe
dit waarvoor jy wegskram
is wat ander moet hoor
sodat hulle genesing
genadeliefde kan ervaar
vertel jou storie
jou heelword verhaal
elke opstaan
na elke val
spreek van geloof
elkeen het ‘n begin
soms mooiste liefdesverhaal
soms gebroke stories
wat Vader omskep
in meesterstukke
leef jou s-
t-
o-
r-
i-
e
©Jessica Venter
17/4/2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.