Jongste aktiwiteit:

Vroegoggend

Die strate baljaar in afwagting
veraf huil ‘n honger hond
vanoggend se koerant
met gister se nuus
val sag op die vars gras
saam met dertig nuwe lyke in Syria;

want hier word alles mos verewig
in woorde wat wakend om ons hang
soos die werke van Shakespeare en David
omdat almal alewig na die waarheid soek.

Ek gril toe die laaste sluk koue koffie
bitter in my keel afglip
ontrustend vind ek troos in die gedagte
dat bloed mos altyd inwaards vloei
en gedagtes na buite stoom.

Só draai ek vroegoggend in my eie spore om;
voor ek myself vernag
in die eerste strale
van ‘n splinternuwe dag.

© Caren Kearley
Kopiereg Voorbehou




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed