Jongste aktiwiteit:

WINTERKOUE

WINTERKOUE

winterkoue sluip verby
ysige koue sny reg deur my
deur die boomtakke kaal
waai die windjie so skraal

die koue laat my fries
dan word ek sommer vies
ek moet nou eerder bieg
anders moet ek lieg

dit kry my onder die knie
winter is glad nie vir my nie
klink net soos n hartseer lied
dit maak my net morbied

hier kom die koue weer
ek voel net soos ‘n beer
my warm handskoene wat pas
met my stewels en my jas

©Eleen van Deventer Vorster
29/05/2018




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed