Jongste aktiwiteit:

ONDANKBAARHEID

Ondankbaarheid
Mensdom verstom my elke dag meer!
Kla en ween sonder enige keer!
Met witbrood onder die arm gedra,
Bly mens na meer daagliks vra.

Maklik word kos in ‘n asdrom gegooi,
Dit lyk dan nie meer eetbaar en mooi.
Terwyl ander vir ‘n stukkie brood bid,
Doodgaan en in armoede sit!

As jy kos weggooi, hoe swaar kan jy kry?
Dit terwyl ander daagliks moet ly.
Kry jy nie skaam oor die leuen vertel,
Dat jy swaar kry in jou lewe van hel?

Jy wat heeldag oor alles murmereer,
Wanneer gaan jy jou klaagliedere keer?
Gaan val op jou kniee en begin jou seeninge tel!
Want eintlik gaan dit met jou baie wel!!
Paula Paxton©




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Juanri het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pikettie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Juanri het ‘n nuwe publikasie gemaak