Jongste aktiwiteit:

TEVREDENHEID

Tevredenheid
My asem maak stoom in die koue lug,
Terwyl die aarde onder winterweer sug.
Vloei rillings deur my liggaam se are,
Terwyl die wind blaai deur afgevalde blare.

Die kleur van vaal, met spikkels van rooiwyn,
Het stelselmatig aan die bome verskyn.
Yskoue het die atmosfeer kom vul,
En koudkry het aan my lyf kom smul.

Kies ek vir my ‘n hoekie in my kaalgestroopte tuin,
Na ‘n houtbankie ongeverf en bruin,
Verweer deur die elemente van die natuur.
Hier verwarm ek in die namiddag uur.

Terwyl die son flou deur wasemwolke loer,
Hoor ek ver weg die gesang van ‘n tortelduif wat koer.
Met ‘n tevredenheid wat in my hart sy lêplek kom kry,
Weet ek voorwaar net hier wil ek bly.

In my eie tuintjie gegee deur genade van bo,
En ouers wat ongetwyfeld in my wou glo.
In my tuin sal ek eerbied en dankbaarheid sing,
En lof aan God en my geliefdes kanl bring.
Paula Paxton©




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed