Afrikaans in ‘n moederskoot
Ek skryf een klein versie
in die lig van ‘n kersie
vir al die lag, lief en leef
sit ek vandag weer op ma se skoot
vir kalmte, rus en vrede
vir liefde sonder ‘n rede
daar waar ek veilig voel
in jou arms wat my styf vashou
vertel my weer die storie
van moeder gans tel haar kinders
mooi dinge wat jy omhels en vertroetel
in my moeder se soet hart
in die mooiste moederstaal
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2018 - Moeder projek