
Genesing
Om te weet
dat groot word
se seer eintlik ñ seëning is
laat nagte se soebat
leë holtes in jou hart
het plek gemaak
vir wat bestem is
vir wanneer die tyd ryp is
sodat die leemtes
en die oop vlaktes
in jou smart
ñ voetpad sal wees
tot waar jy moet stap
by pieke
waar die horison
van volmaaktheid
jou oë verblind
die sonlig van skoonheid
weerspieël in gisters
en selfs dit kom jou tegemoet
die besef jy het vol sirkel gekom
die holtes is nou ingekleur
met die tyd
wat in alles openbaar
van toeka tot nou
die berou is leeg
want die groot word
het gemaak dat die klein wees
die reuse binne jou
kon genees.
© 2018 C.Holder
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.