Jongste aktiwiteit:

Heimwee Lirieke

Bekende ou liriek, vat my op verlange reis.
Na dae vol vreugde en hare sonder grys.
Roer die snare van my hart oor gedagtes van oud.
Na kamers ruim en groot, met vloere van hout.

My hart bly in verlede terug loer,
Na dae wat in tyd stadig verby kon sloer.
Withuis, met jou geuwels en groot swaar deur,
In jou is baie herinerringe vansgekeer.

Verlang ek na groot agterstoep, met ping-pong tafel,
En die volla met strepe waar musiek uit rafel.
Verlang ek na ou wit buite kamer geboue,
En ‘n Denneboom in die winter koue.

Trane bou in my hart as die lirieke bly speel.
En in my word die hartseer en verlange net te veel.
Paula Paxton ©




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed