Jongste aktiwiteit:

LIEFDE IN KLEURE

LIEFDE IN KLEURE

Ware liefde is diep en mooi
my hele hart is in liefde getooi
kriewel in my maag soos ‘n vlooi
ons liefde in kleure saam gegooi

gee my ‘n hartstogtelike druk
ek het die hele wêreld se geluk
gee haar pragtige rose in rooi
vir jou beeldskone nooi

ons liefde is reg in die kol
jy maak my lewe volkome vol
liefdespyl regdeur my hart gegooi
ware liefde het jy in my hart kom strooi

so bemin ek my liefling nooi
ons liefde in kleure bitter mooi
rooi en pienk rose in egte liefde
‘n diamant ring my enigste geliefde

©Eleen van Deventer Vorster
Kopieregte voorbehou
01/06/2018




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed