Gevangene
Aan die sonkant van jou hemel
het ek ‘n bos vol soene geplant
nog voor jy dood was
net vir jou,
want as jy eendag
deur hierdie woud stap
sal jy dit raaksien –
een vir een afpluk
en my rooslippe
sag oor jou wang streel
en dalk onthou jy dan hoe ek destyds
my oop arms om jou nek
gegooi het en vergeet jy
van die hel;
die vonke en die vuur
waardeur jy my gestuur het
net om van my ‘n klipkapper
in jou eie hemel te maak.
© 2018 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.