Die skaam son
Die skaam son
Hoe somber
hierdie wintersoggend
dat tot die son
‘n traan wil stort
die winde snerpend
sny deur vaal gemoedere
maar moedernatuur voor hibernasie
stuur ‘n laaste melodie
vir blare – bruin, rooi en goud
wat laggend baljaar
op die ritme van die wind
en immergroen
gestroopte bome
oor hul naaktheid terg
en die son skaam oor sy traan
kruip weg
©PcV
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.