winter reën
voor die donkerblou wolke
waai daar mistige winde
rollend en brommend
trek dit oor die baai
ysige slierte reën
bedek elke huis
binne brand
kaggels
met
rooikrans hout
knetterende vlamme
wat hitte uitstraal
aan bibberende
mense in dik
woljasse
buite
knus bokkies
onder fynbos takke
stomende lyfies
selfs kiewiet
is doodstil
en uil sit
vies en
vries
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.