My drie wense
lank gelede
toe ek ‘n lampie optel
het ek in gedagte
begin vryf
my hand maak sirkels
terwyl ek drie wense
hoog in die lug skryf
nommer een
was eenvoudig,
mooi en sag
ek wens dat jý
-net vir my-
jou lag sal lag
nommer twee
was baie diep
ek kon dit nie keer
maar dié wens
moet my als
van die liefde af leer
nommer drie
was die beste
hyt net uit gegly
ek het gewens
jy is sommer gou
net hier by my
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
.. en mag al hierdie mooi wense waar word! Pragtig gepen