Penastrofie
Die taal wat my bors oop skeur
klief strategies en presies
om denke te dissekteer
met minimum ink verlies
Vasgespalt lê my hart
in frases wat allitereer
om sin te maak van smart
soos letters op lip vibreer
Rymende vers wat die hart ontsmet
rou rowe word in sinne droog
bloed stol gou as jy metrum het
anestese, fyn versteek in monoloog
Letsels word in boeke verband
vir jou met die pen in hand
3 Kommentare
-
Anze
Pragtig, dankie vir jou inskrywing vir die Liefde vir Afrikaans projek
-
Inkmoderator
Dit is 'n voortreflike vers. Mooi bedink en keurig aangebied. Ek het een vraag: waarom gebuik jy die woord 'verband' (en in watter konteks) in die tweede laaste sin van die vers? Is dit selgs vir rym oorweging want 'verbind' so beter inpas dink ek. Laat weet maar as jy 'n kansie het. Dit is werklik 'n slim vers wat jou liefde vir die kuns mooi saamvat. Groete.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Adri A
Pragtig! Dit is ook my tipe styl. Ek hou van jou woordspeling.