Ons beurt om te doop
Ons doop, of eerder, na vele probeerslae om die datum vasgemaak te kry, doop dogter en skoonseun uiteindelik hul klein mannetjie. Hy het al selfs sy oorspronklike doopklere uitgegroei, maar as ‘n klip in jou pad gerol word, moet jy maar daarom werk, al neem dit ‘n ruk! Nou ja, ons suiker af Oos Kaap […]
Kaggelvuur
Kaggelvuur Ek sit hier alleen voor die kaggelvuur Hy kerm en hy kreun Oor die gesuis van die wind en die kletter van die reen O vuur dit laat jou ween Oranje rooi en geel met n bietjie blou Dis so warm ek hou van jou Die heimwee wat in jou vlamme rond dans Praat […]
Roersele
Roersele Ek wil nog so baie sê oor roersele wat diep in die gemoed lê en skugter die oppervlak vermy, want die woorde pas nog nie daarby— Gedagtes soos vlietende vonkies verdwyn in verskiet en smeulende woorde kwyn tot vaal amorfe as in vroeë aborsie asof dit nooit was, maar die sieleroersele sal ontvou onder […]
Liefde vir Afrikaans (01-08-2016 tot 31-08-2016)
Die projek onderwerp hierdie maand is: Liefde vir my taal. Hierdie maand se projek het ´n baie belangrike element daaraan gekoppel. Een van die wenners in die kategorieë se inskrywing sal tydens die gala-aand voorgelees word. Daarom moedig ons jou aan om hieraan deel te neem. Die projek is totaal vry en oop. Daar is […]
Saphira en die Dwerge in haar Berge
Saphira loop buite die kasteel rond bo-op die berg waarin deel van die kasteel geleë is. Die swart-en-bruin Feëtjie Hond het gehoop dat die vars lug haar beter sou laat voel. Maar dit help nie. Haar kop klop – Feëtjies kry nie sommer hoofpyn nie. Feëtjie Honde kry nooit hoofpyn nie. Maar dan, om deel […]
Vreemde weë
Vreemde weë Met Kersfees op hande, het die manne gedink, versterk hul ou bande deur ’n glasie te klink. Hulle skink elk hul glasie so ’n viervingersvol vir ‘kommunikasie’ en om lekker te jol! Koor Vlug vir die Duiwel en vir Bachus my maat hul verlei net hul baklei net pasop vir te laat want […]
Sneeuverslag (Julie 2016)
Nog ‘n vlokkie val op Erfdeel* bo die Hexriviervallei. Oor Matroosberg daal ‘n stille vrede neer. En kranse lê in wit gewaad – bo De Doorns – langs vaalbruin wingerde verby. Witsieshoek se liggies glim in ‘n Vrystaatnag vol skemer. By Clarens beeld ‘n doringboom in ys. En Ficksburg hou sy asem op . . […]