Jongste aktiwiteit:

Roersele

Roersele

Ek wil nog so baie sê
oor roersele wat diep in die gemoed lê
en skugter die oppervlak vermy,
want die woorde pas nog nie daarby—
Gedagtes soos vlietende vonkies verdwyn
in verskiet en smeulende woorde kwyn
tot vaal amorfe as
in vroeë aborsie asof dit nooit was,
maar die sieleroersele sal ontvou
onder die helder soeklig van onthou
wanneer die muse sy regte sê
weldra in my mond kom lê.

Janetta – Helena [Babs] ©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed