Kaggelvuur
Kaggelvuur
Ek sit hier alleen voor die kaggelvuur
Hy kerm en hy kreun
Oor die gesuis van die wind en die kletter van die reen
O vuur dit laat jou ween
Oranje rooi en geel met n bietjie blou
Dis so warm ek hou van jou
Die heimwee wat in jou vlamme rond dans
Praat n unieke taal
Die nag is so donker en so koud
hy wil verwoesting saai
Oor die gehuil van die wind wat kla soos n kind
Dis so snoesig voor my kaggelvuur
Oranje rooi en geel met n bietjie blou
Dis so warm ek hou van jou
Die heimwee wat in jou rond dwaal
…en weer my gedagtes laat maal…
©Marieta Calitz[LadySoul]®
4 Kommentare
-
Vonnie
Ladysoul, baie dankie vir jou inskrywing hoor. Jy kan laat waai met nog! Geen beperkte hoeveelheid wat inskrywings betref nie.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Kaggelvure kan so romanties wees