Maanlig harmonie …
die sterre fluister woorde sag
sodra die dag maak plek vir nag
hul skitter en blink vir ewig mooi
om die hemelruim in goud te tooi
die aandwind bring die groot verlang
dis donker in my hart se gang
ek hoor die deuntjie wat hy sing
vir my, alleenmens … enkeling
die maan maak lig waar donker is
verbreek die immer duisternis
skyn blink, maak lig my hart
sê vir my ons is nie apart
jou oë blink as ek daarin kyk
jou liefde vir my daar sien blyk
die sterre, wind en maan span saam
wat skryf jy op my hart?
Jou naam?
© borrels
2 Kommentare
-
Anze
dis ongelooflik mooi en sag vasgepen!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Die romantiese Borrels se gedigte is altyd so romanties