
Dis net jy
Dis net jy
Jou mooiheid maak my vreugdevol wanneer
‘n glimlag speel om jou mond , dis net jy . . .
Soos ‘n blaar wat kan spog
met ‘n die oggend vars druppel dou,
so kan ek spog
wanneer jou arms my met teerheid, omvou.
Gedagtes dwaal rond, die verlede en vreemdes ver
my hart was verlore – nou weer gebore
jou stem laat my binneste beef
wanneer jou lippe die woorde vorm
so sensasioneel
jou liefde so romanties aan my beken.
Dis net jy . . .
Saam staan ons nou onder die silwer strale van die maan
wat sagkuns gly oor die water, wat eens glansloos was,
maar nou laat blink.
Dis net jy . . .
© Marieta[LadySoul]
4 Kommentare
-
neels
dit is absolute pragtie werk
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Liefde vir Afrikaans projek