my storie ~ my lied
my storie ~ my lied
geskryf deur Dale Penderis ©
kronologies sonder orde agterstevoor
sieldodende denke wat my gedagtes deurboor
onvas roeteloos sonder rigting gevind
die hak-toon voetgang van dié pelgrimskind
kaalvoet wees sonder kennis gebrei
die pelgrimspad voor haar uitgelei
ongeskoolde onbegriptelik
maagdelik rein
ontnugterde akkoorde
haar lewenslied’s refrein
toe loop ek Hom raak
langs die put by die sipres
toe Hý water vra
om Sý dors te les
verleë verslae
onwaardig en klein
ou terrein sing ʼn nuwe refrein
eens was ek blind
maar nou kan ek sien
toe die Man by die put
mý met water bedien
gestok en gestaf
gestewel en gespoor
volg ek die stofpad…
met my Herder héél voor
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.