Vrygekoop
‘n haan wat drie maal kraai
iemand ons Jesus VERRAAI!
‘ n oomblik het alles verewig omgedraai
sou daardie beker beweeg by Hom verby
benoud was Hy maar steeds bely
net U wil My Vader sou Ek moet ly
‘ n K R U I S D O O D….
regverdig…’ n Koning wat so moes ly?
vergewe hul Vader … terwyl Hy ly!!
Sy laaste asem blaas hy uit … dis verby
daardie Vrydag vir jou en my
vergewe ons Vader
ons bely
U bloed alleen maak ons … U kinders…vry
©Magda van der Walt
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.