Goue Drome
die sandvaal noordwes Vrystaat
strek oor gras en boere plase
te pragtig vir die wat daar ploë
die sandklip noordwes Transvaal
strek oor gras en delwers plotte
ń bestaan vir die wat delf
ń vaal stroom skei
die dorre sandsodom
van ń stofgomorrah
en die tweeling streke
boer vir daaglikse brood,
myn goud as rykdombron
vlak gesny die vlaktes
deur vaalrivier bo op
maar diep verbind
deur rif ondergrond
ń gesamentlike horison
is die goue bron
honderd jaar terug bid
Jood en Calvinies
aan skeper van gras en goud
dat rif tussen geld en boer
oorburg kan word
en almal wen
vaalrivier oor goudrif
die drif moet ons deur
want vassteek in die middel
impliseer geeneen wen,
kom ons bid
en verseker die duiwel wen
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.