
Tye
getye stoot in, uit
bietjie hoër effens laer
beveel die hemelmaan
in ewige oefening
sand korrels
ontelbaar heen en weer
spoel skuimwit
met elke golf washand
onder lagie sand
krukdroog dan sopnat
wag skulpbewoners, versekerd
van daaglikse brood
onder sonskerms
room en sambrele
lek mense roomyse
wat smelt
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.