Die laatson se groet
Die skemer steek sy pienk-rooi
arms uit oor die horison
knipoog sy laaste vaarwel
hang Jesus aan die kruis
verstote
alleen
Streel ‘n windjie sag
oor sy bebloede wang
die stilte van die skemer
kom hurk lang hom
waar is my God?
vra Hy bang
‘n Mistigheid vou om Sy wimpers
en dan raak alles stil
wanneer die nagstilte neerdaal
het God het sy Enigste Seun kom haal
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2018 - Paasfees projek