Jongste aktiwiteit:

– SONDEBOK

SONDEBOK

ons liefde

moet boet vir ons swakheid
moet ly vir ons sonde
gekroon met dorings
gesweep met die tong
verwerp verloën
gekruisig gehoon
vir dood in ‘n linnedoek toegevou
vergraf om vir ewig te vergeet

maar Hy weet van beter
dis Hy wat laat lewe
die doeke is leeg
die graf nou verlate
wat die dood moes bedek
nou vaandel van vrede
bevlek met Sy bloed
ver-ets met Sy beeld

wat Hy dan verenig
onskeidbaar
onbreekbaar

vir ewig en ewig geseën

© Barbara Smit – 29/12/2017




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed