Skending
Gister was jou sag
‘n sinagoge van mooi
Vandag breek jy
die heiligheid
van my altaar op
Elke keer
as my huil bloei
teen die slape van
jou Jerusalem
is die stukke van jou
afbreek brood
nou net
murasies
in die wind
Selfs al sal die plek
bly staan
sal die kraak
teen sy rug
bly braak
©Sonja Peacock – 2017
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.