Ek wil huil oor jou
Ek wil huil oor jou
nie buitekant toe nie
waar my masker
kan kraak nie
maar binnekant toe
waar die trane
die verf wat hard geword het
weer sal sag maak
binnekant toe
waar die seer kan afspring
oor die damwal van self-beheer
wat my wil keer
©Sonja Peacock – 2017
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.