vir
Gedigte
wat is kleur
rooi is die kleur vir optooi
groen is die kleur van jaloesie
blou is die kleur van die onbekende
geel is die kleur van lafhartigheid
pers is die kleur wat gil en jil
pienk is die kleur vir ‘n baba
swart is die afwesigheid van wit
wit is die kleur waarop ons skryf
so is die kleure van ‘n reënboog
vermeng maar nie noodwendig
gedefinieër in starre heldere
kleur wat sigbaar is vir
elkeen wat kyk nie
©Teárlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.