Jongste aktiwiteit:

Saam gebind

Saam gebind

ons sweef op die wieke van die wind
in eenheid is ons saam gebind
onaangeraak suis ons deur die reënwoud
die harmonie van ons vlug in eenvoud

die grasieuse span van ons vlerke onvermybaar
ooreenstemmende gevoel van triomf wat ons ervaar
ure van ons wintersvlug flits genadeloos verby
die soel aandlug kan ons sagkens vermy

ons vlug na Mooi Griekeland deur ń wolklose blou lug
ons neem die erns op van ons wegvlug
ons migreer na plekke ver van winter geleë
tussen tropiese woude langs ń verbygaande see

teen daglig skeur ons deur die horison
tussen hangende tuine van Babilon groet die môreson
daar is hoop vir ons wat koue winters vermy
ons juig vir ń wyle in die somerson tot ons dae verbygly

ons is nie voëls in eenderse vere
onder vlerke verskans ons wintersklere
die wat dieper as ons vere kyk
sal sien die moeisame winter laat ons anders lyk

kopiereg- Emsa Haasbroek




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed