Vrede in Suid-Afrika
Gee ons net ‘n stoute Van Der Merwe grappie,
die Onse Vader op ‘n Sondag middag voor ons, ons gekookte boerekos geniet.
En soos water van die eend se rug af,
word ons volk elke dag in hierdie pragtige land gestraf,
met geweld, moord, martel en arm wees,
so die meeste van als,
gee ons Vrede in Suid-Afrika,
laat afrikaans bly, net soos in die draadloos dae..
‘n Koppie boeretroos is waarna ons smag,
na ‘n hardwerkende warm dag.
Gee ons ‘n toonsetting van Du Plessis,
sodat ons kan vashou aan sy gebed,
ons weet beslis dat ons die swaarkry nie verdien nie,
sal ons maar weer wag vir De La Rey om ons te kom red.
Bring C.J Langehoven se stem terug,
ons wil hier bly, dit is ons land die,
ons wil nie alewig mense verloor wat trek,
ons wil nie aanhoudend na ander lande in die wêreld vlug.
Ons is maar ‘n klein wit volkie in die pragtige land Suid-Afrika,
gee ons asseblief net vrede, dit is al waarvoor ons nou vra.
Ons wil nie elke aand in vrees gaan slaap,
ons wil nie vrees dat ons aangeval gaan word nie,
want dit is mos ons land die!
Gee ons asseblief net vrede,
vir ons mense om vermoor te word is daar geen rede.
Gee ons asseblief bietjie reën
en asseblief net vrede in Suid-Afrika,
dit is al waarvoor ons vra
Vader, dit is al waarvoor ons smeek,
ons wil weer voel hoe voel hoe U ons seën!!
©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou …
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober projek