
DUIWEL JOU DIEF
Jy is n dief wat ons blydskap steel,
wat ons lewens wil reel.
Jy is n dief wat ons harte breek,
wat hou daarvan dat ons huil en smeek.
Jy is n dief wat ons gesondheid steel,
wat hou van n gekerm en geneul.
Jy is n dief wat hartseer saai,
so al ons geliefdes afmaai.
Jy is n dief wat ons geluk wil steel,
omdat ons nie ons harte met jou wil deel.
Jy is n dief wat ons aanval in die nag,
want vir jou is daar geen lofliedere wat wag.
Jy is n dief wat als probeer,
maar ons nie sal keer.
God is oral waar ons gaan,
Hy sal altyd by ons staan.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober projek