MY TIENER SEUN
Keer op keer,
maak jy my hart so seer.
As als nie gaan soos jy dit soek,
dwing jy my met jou houding in n hoek.
Hoe mis ek nie jou kinderdae,
met jou hartseer ogies en baie vra…
Jou warm lyfie as ek jou styf vashou,
en jy met albei armpies om my nek bly klou.
Dis nou vir altyd verby,
binne jou groei n haat vir my.
Sonder dat ek dit kan keer,
raak dit daagliks meer.
Ek word vervloek en verskreeu,
al weet ek hoekom se ek nee.
Jy domineer om so jou sin te kry,
maar nou is als verby…
In my hart kan ek nie meer veg,
want net jy is altyd reg.
Ek wil nie leef meer met die seer,
dis n pyn wat n moederhart verteer.
Jy is my seun,
die een waarop ek moes kon steun.
Die een wat my moes oppas,
maar nou laat voel jy my soos n las.
As jy maar net weet,
hoe die seer my binnekant weg vreet.
Deur jou gedrag,
die manier waarop jy almal verag.
Die troontjie waarop jy sit,
en dink almal moet jou aanbid.
As jy maar net weet,
van liefde,haat en leed.
Tog bly jy my kind,
ons is vir ewig verbind.
Selfs na al die trane en smart,
selfs na al die pyn in my hart.
Bly ek steeds lief vir jou…
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.