
VERLANGE NA JOU
In die verte sien ek die sonstrale hul arms om die bergtoppe vou.
My hart is leeg,seer van verlange na jou.
Hoe kon ek jou so vroeg in die lewe verloor?
Vir watter rede sloer my lewe voor?
Sonder waarskuwing is jy wreed uit my lewe geruk.
Daar was nie kans vir vaarwel of selfs n druk.
Jy is van my af weg gesteel,
met ons liefde,geheime en als wat ons deel.
Die skuldige is skot vry,
terwyl ek elke dag teen die trane stry.
My Liefling,al is jy dood,
bly jy vir ewig my man,my liefde,my sielsgenoot.
4 Kommentare
-
-
Inkmoderator
Liewe digter, Die eerste sin van u gedig lees té lank. Jy kan hom baie funksioneel in twee breek. ek het by 'n ander geleentheid gepraat oor die sleutelspasie na leestekens. In die laaste sin van die 1ste stanza sou die woord 'voort' eerder gepaslik wees en nie 'voor' nie. Ek weet jy probeer 'n rymskema bewerk maar 'voort' lol nie daarmee nie want 'n binnerym word steeds geskep. Verder is die vers sorgsaam aangebied. Groete IM
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Hierdie gedig praat darem nou van groot hartseer, Funnyface . . .