Soos ‘n skadu’kol wat langs woorde loop
Verskroeid staan ‘n skildery
in die hoek se skadu silhouette
is ‘n leë kol van gravitasie
dat die ‘silver linings’ eerder grys skakeer
en die wyn in my glas galbitter proe
Vou die satyn ‘lap sag
soos ‘n lang aandrok om die pilaar
kerse flikker vrolik
op gedekte tafels
en buite skyn die sterre
blinkoog deur die donker nag
‘n Eksentrieke vrou
dwaal deur die tuin
met ‘n skinbord
vol glase wyn
Streel ‘n padda’koor my oor….
‘n dawerende applous eggo
oor die velde van my gedagtes
Roep my terug
uit my ontvlugtings’vlug
en ek sien ‘n padda wegsink
na sy wӗreld van stilte en slymskrif
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober projek