Jongste aktiwiteit:

Geluidlose Tyd

Geluidlose Tyd

Die tyd,
o, die sluwe onsigbare tyd
se gang is geluidloos en so sag
en meedoënloos voortstuwend
soos die kat se leopard crawl wat
dan skielik op sy prooi toesak want
skielik besef jy baie jare is reeds verby
en die aftrede is skielik op hande
die tyd het jou stil stil bekruip en op
die bepaalde datum gaan dit toeslaan—
Jy ontruim jou lessenaar , groet almal,
en trek vir oulaas die deur agter jou toe,
maar tyd se gang word nie gestuit jy
betree nou die laaste fase—

Janetta – Helena [Babs]©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed