LEGKAART VAN MY LEWE
Altyd moet jy weet,
hoe om te pas en te meet.
Waar pas watse deel,
dis die legkaart reel.
So is die lewe ook,
soms n gespartel en gespook.
Om elke stuk volmaak te plaas,
in die geharwar en gehaas.
Tog het elke deel sy plek,
jy moet net daaraan werk.
Jy moet die legkaart voltooi,
en daarna sien jy eers die mooi.
So moet jy die dele van jou lewe ook bou,
eers gebore word,groot en dan trou.
Saam word die legkaart dan voltooi,
kompleet en so baie mooi.
N kompleet legkaart om te aanskou,
n lewe uit liefde gebou.
Kinderstemme wat weerklik,
wat jou oe van trots laat blink.
N legkaart met elke stukkie op sy plek,
kompleet n wonderwerk.
6 Kommentare
-
-
Vonnie
Funnyface, baie dankie vir jou tien inskrywings vir die skryf-'n-trefferliedjie-los! kompetisie. Dit wil gedoen wees!
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober projek
-
Marisa Labuschagne
Baie goeie titel. Dit trek onmiddellik aandag. Die inhoud van die liriek is baie mooi.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koekekranka
Pragtig sinvol...