MASKERS TEEN DIE PYN
N Masker wil ek dra,
so is daar geen vrae.
Die pyn wil ek versteek,
sodat niemand daarvan weet.
Die laste wat ek dra,
die baie dinge wat my pla.
Agter die masker is dt weg,
so voel die lewe vir my reg.
Die masker wat ek het,
wat my van die ellende red.
Wat al die trane terug hou,
en my help aan iets beter bou.
Dis die masker van geluk,
wat jy vroeg oggend opsit.
Wat die traan spore afvee,
wat j die vorige nag aan uiting gee.
Dis die masker wat jy saam jou dra,
en niemand vra enige vra.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.